Ek’t grootgeword met wonderlike vakansie-herinneringe. Meestal plaaslik, maar soms sou ons oor die landsgrense ‘venture’ en by tye onsself in die middel van ‘n wildpark bevind. Tussen wilde diere. Gewoonlik met ‘n chalet, tent of ‘n karavaan iewers in die agtergrond en, tot my groot ontsteltenis, gedurige ‘wildritte’ om Afrika se trotse 5 leiers van die diereryk te soek. Morning, noon and night word daar gehop, geskud en gestof op grondpaaie om die boggerse Simbas, Pumbas, fieliefante en renosters in hulle natuurlike habitat te sien.
Ek is ‘n vriendelike en dankbare kindjie gewees, maar ook een wat nie van stof, sweet, hitte of vaal boskleure gehou het nie. Om dae lank agterop ‘n flappende Land Rover te ry met die hoop om een van hierdie diere toevallig raak te loop het eenvoudig my verstand te bowe gegaan. Hééltemal. Dis soos visvang. (My liewe pa het my éénkeer saamgeneem op ‘n aand-visvang uitstappie, en toe ek na 15 minute verveeld is, nie van die reuk hou nie en die broodjies wil begin eet, toe is ons liewer huistoe en Marizaan (my suster) het die visvang-kind geword!)
Maar as ek vandag terugdink aan daardie stof-storm-khaki-army-groen-sweet-peule dae, onthou ek wel dat die diere soms magies in my verbeelding verskyn het. Hulle het onlangs eers helder kleure begin dra en hulle blomkrone ontdek.
Terwyl ek anderdag hierdies maak, ontdek ek daar is ‘n klein-klein stukkie wat nou nogal sal laaik om weer na hierdie kolle, strepe, leer en hare te gaan kyk-in hulle natuurlike habitat. So dalk, gróót dalk, sien ons mekaar binnekort agterop ‘n flappende Land Rover iewers tussen vaal bosse.
Ready Made Paintings:
Watercolour/ ink on paper
• 28 x 38cm: R1 200,00
• 57 x 38cm: R1 900,00
• 57 x 77cm: R3 200,00
• 70 x 100cm: R5 900,00
• 110 x 110cm: R8 700,00
• 140 x 140cm: R14 000,00
• 140 x 240cm: R22 000,00
Custom Commission Paintings:
Watercolour/ink on paper
• 28 x 38cm: R1 500,00
• 57 x 38cm: R2 200,00
• 57 x 77cm: R3 600,00
• 70 x 100cm: R6 300,00
• 110 x 110cm: R9 700,00
• 140 x 140cm: R15 000,00
• 140 x 240cm: R24 000,00
Ready Made Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas
(ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R3 600,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00
Custom Commission Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas (ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R4 000,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00


Global Shipping Available through DHL. Contact me for exact prices.
Timeframe: plus minus 5 days.
Local Shipping in RSA:
Unframed Paintings:
• Shipped to your local PostNet: R150,00.
• Shipped to your door: R250,00.
Framed Paintings:
• Crated + shipped to your local PostNet: size dependent.
• Crated + shipped to your door: size dependent.