Soms betrap ek myself in die geselskap van stewig-hardlywige mense. Mense wat wéét wat nodig is, maar wat net-net genoeg knyp dat hulle nie die aanslag
van emosies hoef te beleef nie. Ekself is ook soms góéd verstop op dié manier. En in sulke situasies het mens dan die onwankelende sterkheid van iemand na aan jou bítter nodig. Iemand wat jou toelaat om te ‘laat gaan’. Iemand wat jou kan begelei na die plek van ope-hart toe. Iemand wat jou hand kan vashou terwyl jy jou ingedermtes uitdop op ‘n operasietafel en (terwyl jy nog styf trek wég van die gemors) jou aan jou gesig kan vat ek sê: ek het jóú lief genoeg om saam met jou hierdeur te krap tot ons by ‘n waarheid uitkom wat jou gesond kan maak.
Nou súlke mense. Dáárdie handvashouers… hierdie werke word opgedra aan dáárdie mense. Mens kan hulle gewoonlik op twee- and at a stretch- op drie vingers tel.
Mense wat wáár jy vandaan kom; jou geskiedenis en jou állerskaamste-menswees al belewe het. Wat in jou onaardigste vrat-toestand teenwoordig was en steeds, by hook-or-by-crook jou hare vashou wanneer jy oorkook weens té veel teenstrydige gevoelens. So ruk gelede was dit weer so: (gelukkig was ek hierdie keer in die hare-vashou posisie!) ‘n vriend wat sy diepste unmentionables op die tafel uitpak (well done, X, ek kóts dit gewoonlik onbeskaaf en deurmekaar uit). En, mettertyd, in hinsight, besef mens dat jy, in jou nietigheid, in hierdie oomblik ‘n kruk; ‘n anker of keerwal teen die aanslag van onse trotse Afikaanse mentaliteit kon wees. Vir ‘n oomblik kan mens die buffer tussen hierdie mens se brose eerlikheid en die abrasive verwagting van kultuurtrots wees.
Ek is nie meer Bybel-vas oor klomp goed nie; maar Genade het my keerwal geword: om dit te beleef en om dit aan te gee. Baiekeer gaan dit sukkel-sukkel en dan moet iemand my ‘n stywe druk gee. En herinner: jy’s eintlik net ‘n ‘houseplant with complicated feelings’. En nietig. En dan’s dinge weer okay.
Mag jy steunpilare om jou hê. Maar ook: mag jy soms ‘n steunpilaar vir jou geliefdes wees. It cuts both ways! Soos Rob van Vuuren sê: ‘Blessings and Kombucha’.
Ready Made Paintings:
Watercolour/ ink on paper
• 28 x 38cm: R1 200,00
• 57 x 38cm: R1 900,00
• 57 x 77cm: R3 200,00
• 70 x 100cm: R5 900,00
• 110 x 110cm: R8 700,00
• 140 x 140cm: R14 000,00
• 140 x 240cm: R22 000,00
Custom Commission Paintings:
Watercolour/ink on paper
• 28 x 38cm: R1 500,00
• 57 x 38cm: R2 200,00
• 57 x 77cm: R3 600,00
• 70 x 100cm: R6 300,00
• 110 x 110cm: R9 700,00
• 140 x 140cm: R15 000,00
• 140 x 240cm: R24 000,00
Ready Made Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas
(ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R3 600,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00
Custom Commission Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas (ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R4 000,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00


Global Shipping Available through DHL. Contact me for exact prices.
Timeframe: plus minus 5 days.
Local Shipping in RSA:
Unframed Paintings:
• Shipped to your local PostNet: R150,00.
• Shipped to your door: R250,00.
Framed Paintings:
• Crated + shipped to your local PostNet: size dependent.
• Crated + shipped to your door: size dependent.