OR Tambo > Mauritius > Perth: Ek was lanklaas in my lewe so betyds vir enigiets soos hierdie trip. OR Tambo Dinsdagoggend- ‘n vriend laai my baie betyds af. Marizaan (my logiese suster) sê: loop kyk éérs waar’s jou hek vóór jy gaan sit. So gesê, so gemaak. Hek 29. Lekker naby aan die lounge. Raait.
Soos ‘n honger wolf ruspe ek my weg deur die lounge tot so halfuur voor die hek sluit; dis mos naby. Ek stap rustig Hek 29 toe en sit. En wag. Vreemd, dink ek, daar is nog geen ander mense nie, maar ek sit. Kyk langnekkerig na ‘n man en vrou wat hardloop en obviously laat is. Pffft. Later is dit 10 minute voor die hek sluit, en daar is steeds niemand nie. Almal is só laat op die énigste dag wat ek betyds is. (Neem net gou in ag OR Tambo is die grootte van ‘n voorstad en 4 en 29 is VER uit mekaar. En daar is dubbel soveel Out of Africa shops as reisigers.)
Ek dink toe dis nogal vreemd en besluit: kom ons maak net dóódseker oor die hek. (Travel pouch vir die soveelste keer vinnig uit, kaartjie oop.) Julle… ek dag ek kraam ‘n katjie toe die papiertjie sê boarding sluit oor 5 minute by Hek 4. VIER! En dis waar die vliegtuig opstyg Perth toe. En ek is aan die anderkant van International Departures.
So… imagine gou ‘n welriekende (duty free) Renoster met ‘n miskruier op sy rug wat teen roltrappe op en oor die savanna-vlaktes van ‘n Africa-theme lughawe volspoed s-p-r-i-n-t. Mauritius se sand het al begin verskyn toe ek uiteindelik weer asem het.
Moral of the story, moenie jou connecting flight se boarding pass met jou wegtrek pass verwar nie. Dan ga’t jy hol! (Ook net ‘n update: die einste blêrrie travel-pouch laat ek toe in ‘n bagasie-trollie lê… drie dae later en dié is ook weer safe and sound in my rugsak.)
Ready Made Paintings:
Watercolour/ ink on paper
• 28 x 38cm: R1 200,00
• 57 x 38cm: R1 900,00
• 57 x 77cm: R3 200,00
• 70 x 100cm: R5 900,00
• 110 x 110cm: R8 700,00
• 140 x 140cm: R14 000,00
• 140 x 240cm: R22 000,00
Custom Commission Paintings:
Watercolour/ink on paper
• 28 x 38cm: R1 500,00
• 57 x 38cm: R2 200,00
• 57 x 77cm: R3 600,00
• 70 x 100cm: R6 300,00
• 110 x 110cm: R9 700,00
• 140 x 140cm: R15 000,00
• 140 x 240cm: R24 000,00
Ready Made Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas
(ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R3 600,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00
Custom Commission Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas (ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R4 000,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00


Global Shipping Available through DHL. Contact me for exact prices.
Timeframe: plus minus 5 days.
Local Shipping in RSA:
Unframed Paintings:
• Shipped to your local PostNet: R150,00.
• Shipped to your door: R250,00.
Framed Paintings:
• Crated + shipped to your local PostNet: size dependent.
• Crated + shipped to your door: size dependent.