Ek het ‘n pel, Schallamari. Waarvandaan die -mari deel kom, weet g’n mens; soms vreemde connections- en nou’s sy naam ‘n blend tussen seekos en Schalk en na ‘n paar glase wyn sê dit besônners maklik. Nou Schalla het ‘n vrou: Heleen. Sy is die wel bekleedste free spirit wat ek ken en is al immers die wêreld vol vir mode aankope. So, jy kan maar weet: elke uitrusting is ‘n suksesverhaal in liefde.
Meeste van julle ken uit die aard van die saak nie vir Schalk of Heleen nie, maar het julle eie Heleens + Schalke in julle stories en hierdie skillery gaan oor dit wat hulle BETEKEN:
So elke nou en dan verloor mens perspektief: té veel fokus op die uitkoms eerder as die proses, en voor jy weet, kruie ons op Moedverloor se vlakte rond. ‘n Donkergrys skaduwee van die mens wat ons veronderstel is om te wees; holrug, hooploos en besig met selfsugtige eiewaan om elke hoek en draai: want dit gaan oor mý lewe, mý eiendom, mý werk + genot. En dan is daar ‘n liewe dónner soos Schallamari wat op ‘n manier verbind is aan die dinge wat ons mere mortals hier rond miskyk.
In daardie grys skaduwee sit ons een aand op ‘n ander vriend se bank en kyk ‘n RufusDelSol musiekvideo toe ek hom weer van die sieldodende ‘Die Groot Niks-gevoel’ vertel. “Maar bra, jy kyk heeltyd na die fisiese goed en dink dis waaroor dit gaan- die huise, karre en glamour van die Kaap. Besef jy dat jy net ‘n kanaal is om die Energie (God/Higher Power) af te bring aarde toe en aan te gee -‘n kraan?!Jy’s hier om ‘n creative servant te wees. Vergeet van hoe naby of ver jy van deftig of pedestrian is. Doen net wat jy doen!”
Ek glo ons elkeen het mense nodig wat jou soms aan die gevreet moet vat en weer terugdraai son toe- iemand wat jou weer herinner aan die Hoër Doel waarvan jy deel is; wat jy moet doen, waarop jy liewer moet fokus. Want jy is nie net hier vir shits en giggles nie. Dáái tipe mense wat jou laat onthou jy is déél van die Groter verhaal. Nie apart daarvan nie.
So mag jy op ‘n kol ‘n Heleen + Schalk ontmoet, en mag hulle jou innooi na ‘n plek waar jy maar broos, slim, self-righteous, dom, nederig, hoogmoedig, verkeerd en heeltemal jouself kan wees. Want dáárdie tipe mense is hulle gewig in goud werd!
Ready Made Paintings:
Watercolour/ ink on paper
• 28 x 38cm: R1 200,00
• 57 x 38cm: R1 900,00
• 57 x 77cm: R3 200,00
• 70 x 100cm: R5 900,00
• 110 x 110cm: R8 700,00
• 140 x 140cm: R14 000,00
• 140 x 240cm: R22 000,00
Custom Commission Paintings:
Watercolour/ink on paper
• 28 x 38cm: R1 500,00
• 57 x 38cm: R2 200,00
• 57 x 77cm: R3 600,00
• 70 x 100cm: R6 300,00
• 110 x 110cm: R9 700,00
• 140 x 140cm: R15 000,00
• 140 x 240cm: R24 000,00
Ready Made Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas
(ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R3 600,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00
Custom Commission Paintings:
Acrylic / Spray paint on canvas (ready to hang)
• A1: 59 x 84cm: R4 000,00
• A0: 84 x 118cm: R7 200,00
• 100 x 100cm: R8 200,00
• 100 x 200cm: R18 000,00


Global Shipping Available through DHL. Contact me for exact prices.
Timeframe: plus minus 5 days.
Local Shipping in RSA:
Unframed Paintings:
• Shipped to your local PostNet: R150,00.
• Shipped to your door: R250,00.
Framed Paintings:
• Crated + shipped to your local PostNet: size dependent.
• Crated + shipped to your door: size dependent.